Saturday 30 December 2006
















So het Kersfees gekom en gegaan. Anene het, soos gewoonlik, haarself heeltemal oortref met die Kerstafel. Soveel kos dat ons ook nog Kersdag daarvan kon eet!

Sy het ook handgemaakte geskenke vir die oumas en oupa gemaak - die "scrapbook" tegniek is goed toegepas.

Daar was ook vir die eerste keer geskenke van Anneke en Willis...hoop die eerste van baie!

Hier is 'n paar fotos - ek sal probeer om vir Anene so ver te kry om ook 'n slag weer op die "net" te gaan...








Tuesday 26 December 2006

Die lang verwagte Desember vakansie by Swartriet




Ons het die vakansie op Swartriet baie geniet. Net hopeloos te kort. Ons het egter vir volgende jaar twee huisies bespreek vanaf 14/12 tot 2/1. Ons is nog nie seker wie saamgaan nie ... maar ons het ten minste al die "venue".




Marne het ook geleer om sonder wieletjies fiets te ry en toe was daar geen keer meer aan haar nie. Die kinders was heeltyd op hulle fietse...dis wonderlik dat daar nog plekke is van veiligheid.




Saturday 2 December 2006

Fotos van Swartriet waarheen ons die vakansie gaan asook van Marne en Anene in die Kerskonsert