Monday 24 September 2007

'n Paar los foto's

Anene en Ineke se "Ma-en-dogter tee"...

Marne en haar pop ontspan met oorgawe by Swartriet...


Ineke was in die skoolkonsert 'n "sonstraal"...

En ek weet nie regtig wat...by Marne se verjaarsdagpartytjie...


En hier's Lady by Boeta Haas...ons noem hom ook "Schalk Burger" agv sy "butch houding teenoor almal anders in die huis!

Hier's die kinder saam met Mari se "Le Roux"...

Die kinders het "troue" gespeel met iemand se rokke wat hier aan die skooltjie geskenk is...


Sunday 23 September 2007

Die nuwe Springfonteinweg 32

Uiteindelik die beloofde foto's van aanbouings.
Hier's ons nuwe verkleinde, maar veiliger voortuintjie. Te heerlik, want geen bedelaar doen die moeite om die interkom by die hekkie te druk nie en ons het heelwat meer sielerus en doen minder sonde!
Die muur voor...
Die hek links voor werk egter nie meer outomaties nie aangesien sekere mense (en dit was nie Anene nie...) die hek in sy maai in gery het! Dis natuurlik die 4 vroumense in die huis se grootste genot op die oomblik...
Hopelik word dit binne 'n week of 2 reggestel. Verder het ons geen probleme met ons nuwe veranderinge nie.
Bo het ons Netjie se kamer en 'n badkamer aangebou. Die girls praat van hulle flat.
Hier's Netjie se kamer(tjie) waar sy koning kraai en dis weggesteek genoeg dat mamma nie die hele tyd aan die kant hoef te maak nie! Haar springbokvelletjie wat sy verlede Junie gekoop het, pronk voor die bed en geen hond kry haar oortuig dat dit eintlik nie in 'n feetjiekamer pas nie!
In die gangetjie tussen Ne se kamer en die badkamer het ons 'n klein "kombuiskassie" en wasbakkie ingebou waar hulle hulself kan help met koeldrank of hot chocolate (of koffie as 'n ouma of oupa kom kuier.) Die badkamertjie kon ongelukkig nie afgeneem word nie, want daar kan nie 'n kamera en 'n kameraman gelyk inpas nie!
Verder gaan dit goed met ons. Hes se verjaarsdag het rustig afgeloop en Dani kuier op die oomblik hier. Te heerlik, want met hom hier bly mens lag...! Skoolvakansie le heerlik voor ons, maar na dit sal ek voluit moet fokus op konsert en alles van die laaste kwtl.
Aan al my 'fans' wat gedurig kla dat ek nie reageer op mails nie - sorry, maar hier's ek nou!
Groetnis
Anene en haar hok.

Friday 6 July 2007

Wintervakanie





Hierdie jaar het ons net 'n paar daggies geneem.







Soos gewoonlik was Addo weer op die sppyskaart...die weer was goed en die olifante het mooi saamgespeel...ons het darem nou al 'n ou oom ontmoet wat glo die berugte (steeds gesoekte) ses Addo leeus gesien het...














Daarna is ons Stormsriviermond toe. Die teleurstelling is egter baie groot want die hangbrug is twee weke gelede in 'n vuur beskadig en ons kan glad nie eers by die mond kom nie! Ons gaan vandag maar na die "groot boom" in die woud kyk en more is dit dan huis toe...


Die kinders se "theme parties"





Heste en Marne het albei onlangs "theme parties" gehad. Heste was 'n "NON"... miskien pas die rol haar???


Of miskien ook nie....



En Marne was soos gewoonlik weer 'n feetjie...maar die keer was dit bitter koud buite...vandaar die pienk jas!




Daarna het Marne en Boetie Haas 'n bietjie gaan rus...

















Tuesday 1 May 2007

Die foto hierbo is by die SAOU strand geneem in April. Die twee "Kerneelse" het teen mekaar gespeel en Marne het gewen (Oupa was ge"handicap" met die drankie in die hand!)

Die "updated" "in memoriam" foto soos wat Anene dit elke jaar noem...


Ons was ook saam met Rian-hulle Swartriet toe...

Fotos van die bouwerk volg oor so 'n week...en miskien kry ek vir Anene so ver om ook 'n bydrae te lewer!!!!!!

Nou net op Andre afgekom waar hy uit sy beurt " 'n bydrae gelewer het" en maak asof ek lui is! Wil darem net se dat dit MY idee was om die blog te up-date! Mooi bly en liefde daai kant. Anene


Ons leef nog...maar net-net!

Die tweede Nortier met "knaters"...Trixie word toe "Tigger"! Anene het toe haar sin gekry en die dwergkonyn aangeskaf. Ek het my voet neergesit en gese dat daar net EEN sal wees...





















Hier's die kinders saam met Lizzie se kleinkind (Lize)...Lizzie help in die skool en die kleintjie lyk nes haar Ouma...



Ouma Anna word 88 en ouma Hetta 68...






Ons leef nog...maar net-net!

Die tweede Nortier met "knaters"...Trixie word toe "Tigger"! Anene het toe haar sin gekry en die dwergkonyn aangeskaf. Ek het my voet neergesit en gese dat daar net EEN sal wees...


Hier's die kinders saam met Lizzie se kleinkind (Lize)...Lizzie help in die skool en die kleintjie lyk nes haar Ouma...



Ouma Anna word 88 en ouma Hetta 68...






Sunday 18 February 2007

Kamp staaldraad










Ek en Marne moes toe weer die "kamp" ding gaan doen. Eers is daar geoefen op die stoep en toe het die aand aangebreek...







Daar was weer pret in die swembad...die keer het Oupa Neels saamgedoen aan die pret











Soms is hulle darem "ladies" ook...








Saturday 27 January 2007

Somer in die RSA















Hier is 'n paar fotos van waar ons kuier rondom die swembad...Dit was baie warm die week - amper elke dag by die 40 grade!
Die bouwerk aan die skool is nou klaar - nou wag ons net vir Tony om die bouwerk aan die boonste verdieping klaar te beplan. Hopelik sal dit gou wees.
Ook 'n paar fotos van Anneke - hulle wat by ons gebraai het.







Die atletiek was ook Vrydag. Heste en Ineke se span moes die "rooiloop" by die "big brag" doen. Ineke het 'n 5 de plak behaal in die uitdunne...















Saturday 20 January 2007

Marne gaan kleuterskool toe...















Marne is gister toe Pre-primer toe...Vir haar nie te moeilik nie, maar miskien swaarder omdat dit die laaste een was (definitief!). Sy's by juffrou Judy in die klas en is baie gelukkig (so ver...)





Tony bou hopelik vndag klaar aan die stoep. Dit is die stoep voor Anene se skool - so daar le nog 'n lang dag van netjies maak voor.