Friday 6 July 2007

Wintervakanie





Hierdie jaar het ons net 'n paar daggies geneem.







Soos gewoonlik was Addo weer op die sppyskaart...die weer was goed en die olifante het mooi saamgespeel...ons het darem nou al 'n ou oom ontmoet wat glo die berugte (steeds gesoekte) ses Addo leeus gesien het...














Daarna is ons Stormsriviermond toe. Die teleurstelling is egter baie groot want die hangbrug is twee weke gelede in 'n vuur beskadig en ons kan glad nie eers by die mond kom nie! Ons gaan vandag maar na die "groot boom" in die woud kyk en more is dit dan huis toe...


Die kinders se "theme parties"





Heste en Marne het albei onlangs "theme parties" gehad. Heste was 'n "NON"... miskien pas die rol haar???


Of miskien ook nie....



En Marne was soos gewoonlik weer 'n feetjie...maar die keer was dit bitter koud buite...vandaar die pienk jas!




Daarna het Marne en Boetie Haas 'n bietjie gaan rus...