Monday 24 September 2007

'n Paar los foto's

Anene en Ineke se "Ma-en-dogter tee"...

Marne en haar pop ontspan met oorgawe by Swartriet...


Ineke was in die skoolkonsert 'n "sonstraal"...

En ek weet nie regtig wat...by Marne se verjaarsdagpartytjie...


En hier's Lady by Boeta Haas...ons noem hom ook "Schalk Burger" agv sy "butch houding teenoor almal anders in die huis!

Hier's die kinder saam met Mari se "Le Roux"...

Die kinders het "troue" gespeel met iemand se rokke wat hier aan die skooltjie geskenk is...


Sunday 23 September 2007

Die nuwe Springfonteinweg 32

Uiteindelik die beloofde foto's van aanbouings.
Hier's ons nuwe verkleinde, maar veiliger voortuintjie. Te heerlik, want geen bedelaar doen die moeite om die interkom by die hekkie te druk nie en ons het heelwat meer sielerus en doen minder sonde!
Die muur voor...
Die hek links voor werk egter nie meer outomaties nie aangesien sekere mense (en dit was nie Anene nie...) die hek in sy maai in gery het! Dis natuurlik die 4 vroumense in die huis se grootste genot op die oomblik...
Hopelik word dit binne 'n week of 2 reggestel. Verder het ons geen probleme met ons nuwe veranderinge nie.
Bo het ons Netjie se kamer en 'n badkamer aangebou. Die girls praat van hulle flat.
Hier's Netjie se kamer(tjie) waar sy koning kraai en dis weggesteek genoeg dat mamma nie die hele tyd aan die kant hoef te maak nie! Haar springbokvelletjie wat sy verlede Junie gekoop het, pronk voor die bed en geen hond kry haar oortuig dat dit eintlik nie in 'n feetjiekamer pas nie!
In die gangetjie tussen Ne se kamer en die badkamer het ons 'n klein "kombuiskassie" en wasbakkie ingebou waar hulle hulself kan help met koeldrank of hot chocolate (of koffie as 'n ouma of oupa kom kuier.) Die badkamertjie kon ongelukkig nie afgeneem word nie, want daar kan nie 'n kamera en 'n kameraman gelyk inpas nie!
Verder gaan dit goed met ons. Hes se verjaarsdag het rustig afgeloop en Dani kuier op die oomblik hier. Te heerlik, want met hom hier bly mens lag...! Skoolvakansie le heerlik voor ons, maar na dit sal ek voluit moet fokus op konsert en alles van die laaste kwtl.
Aan al my 'fans' wat gedurig kla dat ek nie reageer op mails nie - sorry, maar hier's ek nou!
Groetnis
Anene en haar hok.