Monday 11 January 2010

O ja,en net sodat julle kan sien! dit is kat nommer drie innie Nortier huishouding-Percy!
Pappa het vir ons al drie 'n goue kettingkie gekoop vir kersfees en Pienie was natuurlik eerste om hare oop te maak.
Vir Pappa was die laagtepunt vir die vakansie seker toe hy(Met 'n skril gillietjie!) sy eerste grys borshaar ontdek! Netjie en Charlotte tydens 'n foto sessie oppie strand.

Mamma probeer haar kersies uitblaas maar min weet sy dat dit maar gaan lank vat,want ek wou nog altyd die trick van die kersies wat nie kan doodgaan op iemand speel!






Ouma Anna word elke aand opgezip om buite oppie stoep te gaan sit. Die groot barge wat oppie strand van Jakobsbaai gestrand het,en behoorlik 'n paar ouens se uitsig belemmer het.

My geskenk! 'n Casper Devries T-Hemp.
Netjie se kersgeskenk-'n pienk cowboy hoed! Ons "draad"kersboom.

Ons kerstafel.Met die minimum moes ons iets by mekaar slaan aangesien ons nie rerig voor die tyd op 'n tema besluit het nie.

Oupa en neitjie het vir ons 'n paar(Nutch-nutch wink-wink) skulpies gaan optel.

Pappa het 'n wafel pan gekoop en het Nya nou dit geniet!









Sunday 10 January 2010

Hello! lanklaas n bietjie moeite gedoen met die blog-sorry! Ons was weer die vakansie op Swartriet en het dit soos gewoonlik baie geniet. Hierdie is pappa se "Power kite" waarmee hy al reeds een keer op gelig is en innie see neer geplons het.
Omdat ouma Ina probleme met haar heup gehad het kon sy ongelukkig nie kom nie .soos julle weet is daar ook nie rerig ontvangs nie so ons het maar met haar gekomminnukeer d.m.v. e mail.
Hier is die hele "Gang" toe ons een dag oppie strand was.Van links-voor:Christi(Nya se pel),Marnè(Pienie se pel),Neitjie. Agter van links:Franco(een van Ruan se pelle),Charlotte en ek.

Neitjie en Christi speel gou 'n potjie kaart voor slaaptyd. Wonder wie het gewen aangesien nya mos met omtrent alle kaart games wen d.m.v. vuilspel!
Ek en my ander "sister" Lientjie ,in die buitekamer wat ons ingerig het as ons pozzie.